[t4b-ticker]

Agt verdagtes in Khayelitsha doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Agt verdagtes is Maandagaand deur die polisie in Khayelitsha doodgeskiet en ‘n verdere vyf is in hegtenis geneem.

Brig. Novela Potelwa sê inligting is ontvang van ‘n transitoroof wat na bewering sou plaasvind, waarna verskeie eenhede die inligting opgevolg het. Daar is op die vermeende rowers in Town Two toegeslaan. Die verdagtes het op die polisie geskiet, wat teruggeskiet het. Agt verdagtes is noodlottig gewond en ‘n verdere vyf is in hegtenis geneem.

Potelwa sê die polisie het op sewe AK 47-aanvalsgewere, twee R5-gewere, ‘n R4-geweer, ‘n Dashprod-geweer, twee 9 mm-pistole, drie geïmproviseerde springstoflaaiers en verskeie magasyne en ammunisie beslag gelê.

Die Valke is tans besig met die ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief