Altesaam 389 stakende metropolisielede kry voor-ontslag-kennisgewings

Lees ook :

Foto's: Op lêer en EMPD

GAUTENG. – Die Stad Ekurhuleni het met dissiplinêre stappe teen amper 400 van sy metropolisielede begin, nadat hulle op 19 Maart aan ‘n onwettige staking deelgeneem en sodoende kritieke hoofweë blokkeer het. Die geaffekteerde beamptes word deur voor-ontslag-prosedures vir erge wangedrag in die gesig gestaar en het reeds kennisgewings daarvoor ontvang.

Die stad sê in ‘n vrygestelde verklaring die metropolisiebeamptes het ‘n mandaat om openbare veiligheid en orde te handhaaf, wat onder noodsaaklike dienste geklassifiseer word. Hulle het met deelname aan die verbode staking ‘n growwe vorm van wangedrag, wat openbare vertroue en arbeidswette soos in die wet op arbeidsverhoudinge uiteengesit is, ondermyn.

Op die betrokke oggend het die lede die R21, N12, N17 en N3-hoofweë onwettig vir ander padgebruikers versper. Die verkeersvloei is noemenswaardig deur die onwettige aksie verhinder en duisende pendelaars kon nie OR Tambo Internasionale Lughawe, wat ‘n nasionale sleutelpunt is, binnegaan nie. Boonop het dit vlugskedules en breër streeksverbindings beïnvloed.

Die beamptes is hangend die uitkoms van hul dissiplinêre verhore uit diens geskors. Alle toerusting wat deur die stad aan hulle uitgereik is, insluitend voertuie, vuurwapens en amptelike toegangskaarte, moet ingehandig word tot die dissiplinêre prosesse afgehandel is.

Die Stad Ekurhuleni herbevestig sy verbintenis tot die handhawing van dissipline en aanspreeklikheid, om te verseker dat personeel van noodsaaklike dienste hul verantwoordelikheid teenoor openbare veiligheid en orde nakom. Polisiedienste word in samewerking met die SAPD voortgesit.

Lees meer hier:

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief