Altesaam 6 dood nadat VSA boot naby Venezuela-kus aanval

Lees ook :

Altesaam 6 dood nadat VSA boot naby Venezuela-kus aanval fotokrediet: X

VENEZUELA. – Altesaam ses mense is dood toe die VSA Dinsdag ‘n boot naby die kus van Venezuela aangeval het wat daarvan verdink is dat dit dwelms vervoer.

Lees ook: VSA vernietig ‘dwelmboot’ van Venezuela – drie dood

Donald Trump het die aanval op sy Truth Social-platform bevestig en gesê sy verdedigingsekretaris, Pete Hegseth, het die aanval beveel. Hy het gesê “intelligensie het bevestig die boot het dwelms vervoer” en “dit was geassosieer met onwettige dwelmterrorisnetwerke”. Daar is geen bewyse uitgereik om die bewerings te ondersteun nie.

Dit is die vyfde aanval op bote van Venezuela sedert September. Altesaam 27 mense het tot dusver in die aanvalle omgekom.

‘n Mosie om te verhoed dat die Trump-administrasie die aanvalle sonder goedkeuring van die kongres uitvoer, het verlede week misluk toe dit nie genoeg stemme in die senaat gekry het nie.

Die president van Venezuela, Nicolas Maduro, het die VSA reeds verskeie kere daarvan beskuldig dat dit probeer om hom uit sy amp te verwyder.

Bronne: Euronews, CBS News, USA Today

Lees ook: VSA vernietig ‘dwelmboot’ van Venezuela – drie dood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief