Ambulans rol na klippe glo in pad gepak is

Lees ook :

Die ambulans het heelwat skade opgedoen. Foto: Gauteng Emergency Medical Services

EKANGALA, GAUTENG. – ’n Ambulans het vanoggend tussen Ekangala en Bronkhorstspruit gerol. Gauteng Emergency Medical Services meen die ongeluk is veroorsaak deur groot klippe wat in die pad geplaas is.

Hulle ambulans was op pad terug vanaf ’n hospitaal ná ’n noodoproep. Ambulanspersoneel het geringe beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vir mediese behandeling geneem.

Gauteng Emergency Medical Services het die optrede as “lafhartig”  beskryf omdat dit volgens hulle verhoed dat lewens gered word. “Waardevolle bates gaan verlore wat gebruik kon word om die gemeenskap te dien.”

Bronne: Gauteng Emergency Medical Services, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief