WASHINGTON, VSA. – ‘n American Airlines-vliegtuig moes Dinsdag ‘n landing opskort om ‘n botsing met ‘n vliegtuig op dieselfde aanloopbaan te vermy. American Airlines vlug 2246 van Boston was op pad om by die Ronald Reagan-lughawe in Washington te land toe dit beveel is om om te gaan.
Lees ook: KYK: Vliegtuie vermy botsing net-net by lughawe
Op dieselfde aanloopbaan waar vlug 2246 sou land, was nog ‘n vliegtuig besig om op te styg.
Die voorval het plaasgevind minder as twee uur na ‘n Southwest-vliegtuig byna met ‘n privaat vliegtuig gebots het wat op die aanloopbaan beweeg het waar dit moes land.
Bronne: The Independent, CNN, New York Post





