Die ANC is van plan om die begroting in die parlement te laat aanvaar ten spyte van sterk teenkanting van verskeie partye.
Lees ook: Politieke partye verwerp begrotingtoespraak, EFF reik uit na DA om saam te werk
Partye soos die DA, ActionSA, EFF en MK-party het die begroting verwerp oor ‘n voorstel om BTW met 0.5% te verhoog.
Die DA het by monde van John Steenhuisen gesê hulle gaan nie saam met die ANC stem om die begroting te aanvaar nie. “Ons het gesê as daar groei-inisiatiewe verbonde was aan die verhoging, sou dit dalk aanvaarbaar wees, maar daar is nie, so hoe verwag jy ons moet ‘n 0.5%-verhoging aanvaar wanneer ons verkieisingmanifes was om nie nuwe belasting in te stel nie?”
Die ANC beweer die DA is “anti-transformasie” en beskuldig die party daarvan dat hulle nuwe beleide teenstaan. Fikile Mbalula, ANC-sekretaris-generaal, sê ander partye is welkom om saam met hulle aan die begroting te werk. Die EFF en MK-party het ook geweier om die begroting te aanvaar, op grond daarvan dat dit arm mense benadeel.
Die finansminister Enoch Godongwana gaan vandag met die lede van die parlement oor die begroting praat.
Bronne: IOL, Briefly, EWN
Lees ook: Politieke partye verwerp begrotingtoespraak, EFF reik uit na DA om saam te werk