Lees ook: ANC en MK-party vandag in verkiesingshof
Die ANC het hulle hofaansoek om die registrasie van die MK-party te kanselleer verloor. Hulle het aangevoer die registrasie van die uMkhonto weSizwe- (MK) party is onwettig.
Die regter in die verkiesinghof het bevind die ANC se aansoek het geen basis nie en hulle aansoek is afgekeur.
Regter Lebogang Modiba het gesê daar was niks onwettig aangaande die MK-party se registrasie nie. Hy het bygevoeg die ANC het verlede jaar twee geleenthede gehad om die registrasie teen te staan, maar het nie.
Bronne: IOL, The Citizen, SABC
Lees ook: MK-party sê sluiting van Zuma se rekening is nie toeval nie





