ANC wil hê Israel se ambassadeur moet SA verlaat

Lees ook :

ANC wil hê Israel se ambassadeur moet SA verlaat
ANC wil hê Israel se ambassadeur moet SA verlaat fotokrediet: Canva

Lees ook: Dodetal in Gaza steek 10 000 verby

Die ANC wil hê Israel se ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, moet die land verlaat.

Al Suid-Afrika se diplomate in Israel is deur die kabinet herroep. Die ANC het die regering hiermee “gelukgewens”, maar verder gegaan en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking gevra om aksie teen Belotserkovsky te neem.

Die ANC het gesê Belotserkovsky het kommentaar gelewer en dat hy ’n “gas in die land is” en “hy moet optree soos ’n gas en het geen reg nie”.

Daar word deur die ANC geëis dat Belotserkovsky die land verlaat en teruggaan Israel toe totdat ’n skietstilstand verklaar word.

Israel het oproepe vir ’n skietstilstand van die hand gewys en het gesê Hamas moet eers die gyselaars wat op 7 Oktober ontvoer is, vrylaat. Die dodetal in Gaza is al meer as 10 000. Die dodetal in Israel staan op 1 400.

Bronne: IOL, The Citizen, News24

Lees ook: Dodetal in Gaza steek 10 000 verby

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief