Arrestasies ná virale video met vuurwapens

Lees ook :

Foto: KI ge-genereer

PRETORIA – Twee mans wat verbind word met vuurwapens wat in ’n virale video op sosiale media te sien is, is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in hegtenis geneem. Die wapens is deur die polisie gekonfiskeer.

In die video, wat wyd op sosiale media versprei is, kan gesien word hoe twee vroue daardie vuurwapens roekeloos en nalatig hanteer.

Lees ook: Polisie waarsku oor onwettige vuurwapen-hantering ná sosiale media-video

https://nuusflits.com/kyk-polisie-waarsku-oor-ontwettige-vuurwapen-hantering-na-sosiale-media-video/

Die SAPD se Gauteng Misdaadintelligensie het die verdagtes in Tembisa vasgetrek. Polisieondersoeke duur voort om die vroue in die video op te spoor.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die vuurwapens ongelisensieerd is. ’n Gekaapte voertuig is ook in die verdagtes se besit gevind.

Profilering en verdere ondersoeke word deur Gauteng Misdaadintelligensie voortgesit.

Die twee mans, onderskeidelik 21 en 34 jaar oud, staar verskeie aanklagte in die gesig. Volgens ’n verslag deur die SAPD word die beskuldigdes van die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer aangekla. Dit sluit die onwettige besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook die besit van ’n gekaapte motorvoertuig, in.

Lt-gen. Puleng Dimpane, die waarnemende Nasionale Kommissaris van die SAPD, het Gauteng Misdaadintelligensie geloof vir hul vinnige optrede. Hy sê die arrestasies stuur ’n duidelike boodskap dat die roekelose hantering en vertoon van vuurwapens nie geduld sal word nie. Die publiek is ook gewaarsku dat die roekelose hantering en vertoon van vuurwapens ’n ernstige kriminele oortreding is.

Die verdagtes sal na verwagting aanstaande week in die Tembisa Landdroshof verskyn.

Bron: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief