AUSTRALIЁ. – ‘n Australiese man is in hegtenis geneem nadat hy glo Labubu-poppe ter waarde van $5800 gesteel het. Hierdie poppe is versamelaarsitems, geskep deur die Hong Kong-kunstenaar Kasing Ling.
Lees ook: Verskeie mense dood toe brandstoftenkwa in Nigerië ontplof
Altesaam 43 van die poppe is gister by ‘n eiendom in Melbourne gekry. Sommige van die poppe was ‘n spesiale weergawe wat tot $300 werd was.
Speurders het gesê die poppe is in vier rooftogte wat sedert Julie plaasgevind het uit ‘n winkelsentrum gesteel.
Die man (40) is aangekla op vier aanklagtes van roof en twee van diefstal. Hy is op borg vrygelaat en sal volgende Mei in die Melbourne-landdroshof verskyn.
Bronne: BBC, South Morning China Post, The Star
Lees ook: Verskeie mense dood toe brandstoftenkwa in Nigerië ontplof





