Baba Fourie se geslag is bekend

Lees ook :

Foto's: Skermgrepe van "reel" Mila Guy

Lees ook hier: https://nuusflits.com/akteurspaar-se-baba-in-januarie-verwag/

Mila Guy en Bennie Fourie, die akteurspaar wat onlangs op hul unieke manier bekendgemaak het hulle is swanger en verwag Baba Fourie in Januarie 2025, het hul baba se geslag “per ongeluk” aspris bekendgemaak.

In a reel wat op sosiale media gedeel is, sê die twee met ‘n reuse- swart ballon waarop Boy or Girl staan in Fourie se hande hulle is opgewonde en onderweg na hulle baba se gender reveal. Die twee is glo laat, maar gee nie regtig om nie. Guy stap vooruit met Fourie en die ballon op haar hakke.

Hulle stel dit duidelik dat slegs die ballon die baba se geslag “weet”.

Dan loop Fourie onderdeur die waaierlig en die ballon bars. Guy steek in haar spore vas met Fourie wat verwoed jammer sê en die volgende oomblik in vreugde uitbars.

Hulle kleinding wat in Januarie verwag word, is ‘n seuntjie!

“Oops!!! Dit was ‘n grappie. Ons is BAIE BAIE BAIE opgewonde vir die little dude. Byt vas Rassie, hy kom.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief