Baba in vrieskas ontdek, ma gee haarself oor

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die liggaam van ‘n baba is deur ‘n huiseienaar in ‘n plastieksak in ‘n vrieskas in ‘n sinkhuis in Kutloanong gekry.

Volgens kapt. Stephen Thakeng is die Odendasalsrus-polisie omstreeks 09:00 na die toneel ontbied. Die ma (27) van die baba, die huurder van die sinkhuis, was nie ten tyde van die ontdekking tuis nie. Paramedici het die pasgeborene, wat reeds begin vries het, dood verklaar. Die ma het haarself die volgende dag aan die polisie oorhandig.

Thakeng het bevestig ‘n saak van verberging van geboorte word deur die polisie ondersoek.

Die ma sal vandag in die Odendaalsrus-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgĆŖre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is diƩ van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief