Baba sterf wat aan suigstokkie verstik

Lees ook :

Foto: Old East Safety Forum

GAUTENG. – ‘n Baba is Maandagmiddag in Menlo Park dood nadat die kleinding aan ’n suigstokkie verstik het.

Old East Safety Forum sê in ‘n sosialemediaplasing dié diens se lede is kort voor 16:50 na die Menlo Park Superspar ontbied vir ‘n baba wat nie asemhaal nie. Met hul aankoms is vasgestel dat die baba aan ’n suigstokkie verstik het. Die verstopping is verwyder en noodhulpwerkers het onmiddellik met resussitasiepogings (KPR) begin. Paramedici van Netcare911, Emer-G-Med, ProMed en Pretoria Volunteer Emergency Services (PVES) het kort daarna opgedaag en gevorderde noodbehandeling voortgesit.

Ondanks die pogings van al die mediese spanne is die baba op die toneel dood verklaar. Die Old East Safety Forum het hul dank uitgespreek teenoor almal wat op die toneel gehelp het, insluitend Brooklyn-polisie en die Mon Ami Trauma Troops.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief