Baba tydens huisroof gegryp, later teruggevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Baba (1 md. oud) is Maandag omstreeks 00:45 tydens ‘n huisroof in Lambani deur verdagtes gegryp wat op vlug was. Die baba is in bosse gevind en aan die ma teruggegee.

Kol. Malesela Ledwaba sê die voorval het in die Tshaulu-polisiëringsarea gebeur. Die slagoffer was met die baba en ‘n sibbe tuis toe sy na die badkamer buite is. Twee verdagtes het haar genader en geld geëis. Sy is vasgebind en met ‘n skerp voorwerp deur een verdagte oor die kop geslaan, terwyl die ander verdagte die huis geplunder het. Die verdagtes het ‘n onbekende bedrag geld, ‘n selfoon en twee bankkaarte gebuit en die slapende baba in hulle vlug gegryp.

Die sibbe, wat die misdaad gade geslaan het, het vir hulp van die bure en gemeenskap geskree. Hulle het na die verdagtes gesoek en die baba gevind. Die slagoffers is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem. Die polisie is verwittig.

Die Tshaulu-polisie versoek enigiemand met inligting om sers. Nengovhela Thuso by 061 446 3487 te bel.

Sake van huisroof en ontvoering is geopen en word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief