Babaseun sterf in bylaanval, man gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Babaseun (20 mnde.) het gesterf toe ‘n man na die wie die polisie soek Saterdag na bewering sy skoonma (57) en vrou (34) by bure met ‘n byl aangeval het.

Kol. Malesela Ledwaba sê die voorval in Ritavi het omstreeks 19:00 gebeur.

“Die polisie in Ritavi in ​​die Mopani-distrik het ‘n massiewe soektog na die manlike verdagte van stapel gestuur.”

Volgens voorlopige inligting het die verdagte tydens ‘n seremonie by die bure opgedaag. Hy het sy skoonma, wat die baba op haar rug gehad het, twee keer met die byl gekap. Sy en die baba is beseer. Daarna het hy sy vrou met die byl op die voorkop gekap en van die toneel gevlug.

Die polisie en mediese nooddienste is ontbied. Die beseerdes is na ‘n plaaslike hospitaal geneem, waar die babaseun gesterf het.

Ledwaba sê alhoewel die motief onbekend is, word gesinsgeweld nie uitgesluit nie.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Enigiemand wat weet waar die verdagte hom bevind, kan AO Jonas Shikwambana by 082 319 9699 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief