Babaseun vermoor, verdagte in aanhouding

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Babaseun (1) is glo Sondag, omstreeks 13:00 waar hy gelê en slaap het deur sy neef (22) gewurg.

Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagte is na bewering na die kamer in Zuma View, Bela Bela (Warmbad) terwyl die ma buite was en het die babaseun gewurg. Die oupa is vir hulp geroep en hy het die verdagte weggestamp. Die baba is vir mediese hulp na die naaste hospitaal geneem, maar hy is later dood verklaar.

Die verdagte sal op ‘n aanklag van moord in die Bela Bela-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief