LOS ANGELES, VSA. – Die bekende Hollywood-akteur en -regisseur, Rob Reiner, en sy vrou, Michele Singer, is gister in hulle Los Angeles-huis dood gevind.
Lees ook: Gene Hackman en vrou se dood word ondersoek
Volgens owerhede word die dood van Reiner en sy vrou as ‘n moord ondersoek.
Die brandweer en polisie is gister geskakel vir mediese hulp by die Reiner-huis en het Reiner (78) en Michele (68) op die toneel dood verklaar.
Die omstandighede van hulle dood is nog onbekend. Reiner was die regisseur van onder andere When Harry met Sally, The Princess Bride en A Few Good Men. Hy sal veral onthou word vir sy rol as Meathead Stivic in die TV-reeks All in the Family.
Bronne: BBC, NBC News, Fox News





