Bekende liedjieskrywer Brett James oorlede in vliegtuigongeluk

Lees ook :

Bekende liedjieskrywer Brett James oorlede in vliegtuigongeluk fotokrediet: X

NORTH CAROLINA, VSA. – Die bekende liedjieskrywer Brett James (57) is een van drie mense wat gister in ‘n vliegtuigongeluk in North Carolina oorlede is.

Lees ook: Jan Boland Coetzee oorlede

Die vliegtuig, ‘n Cirrus SR22T, wat aan Brett James behoort het, het gister in ‘n veld naby ‘n skool neergestort.

Die Nasionale Vervoerveiligheidsraad en die Federale Lugvaartadministrasie is besig om die ongeluk te ondersoek.

Brett James was die beste bekend vir die liedjie Jesus Take The Wheel wat deur Carrie Underwood gesing is en twee Grammy-toekennings gewen het. Hy het ook liedjies vir Leona Lewis, Taylor Swift en Kelly Clarkson geskryf.

Bronne: Metro, The Independent, CNN

Lees ook: Jan Boland Coetzee oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief