Lees ook: Coca-Cola kan 400 werkers afdank na konstitusionele hof se besluit
Volgens BusinessTech het die parlementêre regsdienste gesê Bela – die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette – is reg en sal waarskynlik aanvaar word.
Die Nasionale Raad van Provinsies het onlangs die openbare konsultasieproses aangaande die Bela-wetsontwerp in al nege provinsies voltooi. Die wetsontwerp het met “oorweldigende teenkanting” van die publiek te doen gekry. Parlementêre wetsraadgewer Phumelele Ngema het egter gesê die wetsontwerp word deur die publiek verwerp, maar “dit is moeilik om agter te kom hoekom”.
Van die aanpassings wat die wet sal meebring, is:
Die departement het die finale sê oor taal- en toelatingsbeleid.
Die regulering van skoolbeheerliggame.
Graad R sal verpligtend wees.
Ouers sal gekriminaliseer word as hulle nie seker maak hulle kinders is by die skool nie.
Die regulering van tuisopvoeding.
Die bevestiging dat lyfstraf verbied is.
Talle organisasies, politieke partye en lede van die publiek het gesê die regering neem die keuses weg van ouers, skole en gemeenskappe, maar steeds sal die wetsontwerp waarskynlik aanvaar word.
Bronne: BusinessTech, Affluencer, Head Topics
Lees ook: Coca-Cola kan 400 werkers afdank na konstitusionele hof se besluit