‘Bela-wet sál geïmplementeer word’ – kantoor van minister van basiese onderwys

Lees ook :

‘Bela-wet sal geïmplementeer word’ sê basiese onderwys minister se kantoor
‘Bela-wet sal geïmplementeer word’ sê basiese onderwys minister se kantoor fotokrediet: Canva

Lees ook: Duisende mense en organisasies betoog teen Bela-wet

Die kantoor van die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het die parlement verseker die Bela-wet sal geïmplementeer word.

Gwarube se kantoor het tydens ‘n parlementêre vraag-en-antwoord-sessie gesê sy sal seker maak die wet word geïmplementeer om die land se onderwysstelsel te verbeter, ten spyte van haar boikot van die ondertekening daarvan op 13 September.

Gwarube het gesê die Bela-wet soos dit nou is, is gereed om geïmplementeer te word en die proses is reeds begin om dit te implementeer. Die twee klousules oor taal en en toelating is nog nie onderteken nie, omdat die ANC wil hê president Ramaphosa moet dit goedkeur.

Dinsdag is deur verskeie organisasies, ministers en die publiek in Tshwane betoog teen die Bela-wet se taal- en toelatingsbeleid. Die ANC het gesê die idee dat die wet teen moedertaalonderrig is, is ‘n wanpersepsie en dat die wet skole aanmoedig om meer tale te akkommodeer.

Bronne: TimesLIVE, Current Affairs SA, Politics SA

Lees ook: Duisende mense en organisasies betoog teen Bela-wet

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief