Beskerm jouself teen die son

Lees ook :

Somer, son, sand en see klink te lekker en dis waarna mense die meeste uitsien vir die vakansie wat voorlê. Gesinne spandeer ure in die son en na die tyd lyk almal soos tamaties…

Gevare van die son

Het jy al gewonder watter langtermyn skade dit mag veroorsaak? Die son se strale bevat gevaarlike UVB en UVA-strale wat gevolge insluit soos: sonbrand, veroudering en velkanker. Andries van der Merwe van CANSA vertel dat velkanker baie algemeen is en baie meer voorkom as wat ons dink.

Goeie gewoontes om aan te leer

Dit is baie belangrik om vir kinders van kleins af te leer om elke dag sonskerm te dra om hulle teen die son te beskerm. Ouers en volwassenes kan self hierdie gewoonte aanleer, want ons almal weet – “monkey see, monkey do.” Om ’n hoed en donkerbril te dra wanneer jy in die son is, kan ook help om velkanker te verhoed. Andries sê dat hulle baie pasiënte kry wat velkanker het op die punte van hulle ore, juis omdat hulle nie ’n hoed dra wanneer hulle in die son is nie. Mense wat baie rondry en bestuur, moet ook sonskerm aanwend omdat mens dan ook in aanraking kom met die son se strale.

SPF hoeveel?

Die son straal baie gevaarlike ultravioletstrale uit wat baie velskade kan veroorsaak. Maak gebruik van ’n SPF van 30 of hoër. Om ’n 50-SPF te gebruik, is die heel beste en bied die nodige beskerming teen die son. Onthou om dit steeds kort-kort aan te wend.

Hoe gereeld?

Andries vertel dat dit belangrik is om elke halfuur sonskerm aan te wend, veral in die somer wanneer almal swem en in die water is.

Het jy geweet?

  • Die strale van ’n sonbed straal dieselfde tipe UV-strale uit as die son en is net so gevaarlik. Dit veroorsaak vinnige veroudering en ’n leeragtige vel.
  • Permanente sonskade wys nie dadelik nie en kan eers oor 20 jaar gevolge wys.
  • Die gevaarlikste tyd om in die son te wees, is tussen 10-uur en 3-uur.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App