GQEBERHA. – ‘n 12-jarige seun het Sondagoggend vroeg in ‘n ongeluk in Hoofweg, Walmer, in ‘n tromp-op botsing gesterf. Die bestuurder van die ander voertuig is in hegtenis geneem.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê twee voertuie, ‘n Kia Rio en VW Caddy, was in ‘n botsing betrokke. In Die bestuurder was al insittende van die Kia, terwyl ‘n vrou en haar seun in die VW was. Die ongeluk het in Hoofweg tussen 10de en 11de Laan gebeur. Die seun is met aankoms by die hospitaal dood verklaar en sy ma is in ‘n kritieke toestand opgeneem.
Die bestuurder van die Kia is ook met beserings na die hospitaal geneem en sy bloed is getrek.
“Hy is op aanklag van strafbare manslag en dronkbestuur in hegtenis geneem.”
Janse van Rensburg sê die naam van die oorledene word weerhou totdat die naasbestaandes in kennis gestel is.
Die ondersoek duur voort.





