Beweerde verdagte in polisiesersant se dood doodgeskiet

Lees ook :

Foto's: Smile 90.4FM en Ian Cameron

WES-KAAP. – Justin Pick, wat deur die polisie gesoek was na die moord op sers. Aiden Mahoney wat gister tydens ‘n klagte van gesinsgeweld in Mamre met sy eie dienswapen doodgeskiet is, is na bewering deur die polisie doodgeskiet.

Nuusflits het voorheen berig die verdagte het tydens ‘n stoeiery Mahoney se dienswapen gegryp en hom doodgeskiet. Terwyl die verdagte gevlug het, het hy glo op nog ‘n polisielid geskiet wat nie beseer is nie. Die direktoraat vir prioriteitmisdaadondersoeke (DPCI) het die moord ondersoek.

Ian Cameron het in ‘n sosialemediaplasing bevestig die verdagte is deur die polisie doodgeskiet.

“The man that shot and killed a SAPS member in Mamre yesterday in the Western Cape was shot and killed this morning by a South African Police Service team. The suspect refused to surrender the gun he had and it is alleged he shot at the team that traced him. May Sergeant Mahoney that was murdered by this guy rest in peace.”

Phaladi Shuping, woordvoerder vir die NVG, sê: “He was allegedly shot and killed.”

Op die Atlantis News, info & sales-Facebook-blad het Peter Stoffberg gesê Pick is doodgeskiet. Gemengde gevoelens is in die kommentaar gegee.

Lynns Cakery het die volgende kommentaar gemaak: “Antlantis cas 352/04/2024 the suspect who shot policeman on this case was traced in the bushes at farm Mamre. He was shot and killed by Combat team after refusing to surrender and pointed them with firearm. State firearm recovered not clear at stage whether there were still bullets. Crime scene still active. As received”

Constance Pick het gesê: “RIP cuz”

Respek met kommentaar is vir Pick se familielede op die groep gevra, aangesien diegene wat plasings maak, moet besef twee families beleef ‘n tragedie.

Bronne: Ian Cameron, IPID, Atlantis News, info & sales Facebook-blad, EJ Breakingnews en Son Koerant

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief