VSA. – Die voormalige Amerikaanse president, Bill Clinton, en sy vrou Hillary is saam met agt ander mense deur die toesigkomitee van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers gedagvaar om getuienis oor die seksoortreder Jeffrey Epstein te lewer.
Lees ook: Ghislaine Maxwell na tronk in Texas geskuif
Die voorsitter van die komitee, James Comer, het ook ‘n dagvaarding beteken op die departement van justisie vir dokumente wat verband hou met Epstein.
Bill Clinton is gevra om te getuig oor sy bande met Epstein en sy verhouding met Ghislaine Maxwell, Epstein se voormalige meisie. In ‘n brief wat Comer aan Clinton geskryf het, staan: “Jy het self erken jy het vier keer in 2002 en 2003 op Epstein se privaat vliegtuig gevlieg. Tydens een van hierdie vlugte is ’n foto geneem van jou wat ’n ‘massering’ kry by een van Epstein se slagoffers”.
Bill Clinton moet op 14 Oktober en sy vrou, Hillary, op 9 Oktober getuig oor hulle familie se verhouding met Epstein en Maxwell.
Bronne: BBC, Sky News, The Telegraph





