Bloedige misdaadtoneel in psigiatriese saal skok

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die polisie ondersoek ‘n moord en poging tot moord wat Saterdag in die vroeë oggendure in Philadelphia-hospitaal se psigiatriese saal plaasgevind het. ‘n Grusame toneel is in ‘n toegesluite kamer gevind.

Brig. Hlulani Mashaba sê polisielede op patrollie het omstreeks 02:00 op ‘n aanranding by die hospitaal reageer. Met aankoms by die hospitaal het die lede ‘n grusame misdaadtoneel in ‘n gesluite kamer aangetref. ‘n Verdagte man (45) is glo bo-op die bebloede, lewelose liggaam van nog ‘n man (33) aangetref, waar hy hom aan sy geslagsdeel byt. ‘n Veiligheidsbeampte het glo die situasie probeer beredder, waartydens die oorledene ‘n skietwond aan die kop en die verdagte skietwonde aan beide sy bene opgedoen het. Buiten die skietwond aan die kop het die oorledene nog verskeie beserings, onder andere vermiste tande, opgedoen. Die verdagte is vir moord gearresteer en is tans onder polisiebewaking in ‘n plaaslike hospitaal, waar hy mediese behandeling ontvang.

‘n Veiligheidsbeampte het glo van ‘n opslagkoeël deur sy kollega ‘n skietwond aan sy dy opgedoen. Verskeie koeëldoppies is op die toneel gekry.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, sê die grusame insident, wat die gemeenskap geskok het, word ten sterkste veroordeel.

“Die veiligheid van beide pasiënte en gesondheidsorgwerkers bly ‘n prioriteit, en ons sal verseker dat ‘n deeglike ondersoek gedoen word om die omstandighede bloot te lê wat tot hierdie tragiese voorval gelei het.”

Die ondersoek duur voort.

Thilivhali Muavha, woordvoerder van premier Phophi Ramathuba, sê die provinsiale regering is hartseer om die tragiese insident by die Philadelphia-hositaal aan te meld. Dieketseng Mashego, die LUR vir gesondheid, het die hospitaal besoek waar die polisie op die toneel teenwoordig was.

“Die provinsiale regering se primêre bekommernis is die welstand van die pasiënte en die betrokke families en doen ‘n beroep op die gemeenskap om kalm te bly terwyl die provinsie hierdie ongelukkige gebeurtenis navigeer.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief