Boeing-satelliet val uitmekaar, veroorsaak wêreldwye internetonderbreking

Lees ook :

Boeing-satelliet val uitmekaar in ruimte, veroorsaak internetonderbreking
Boeing-satelliet val uitmekaar in ruimte, veroorsaak internetonderbreking fotokrediet: Canva

Lees ook: Regter besluit binnekort oor Boeing-pleitooreenkoms

’n Satelliet wat deur Boeing vervaardig is, het oor die naweek in die ruimte uitmekaargeval, wat wye internetonderbrekings regoor die wêreld veroorsaak het.

Intelsat, wat die satelliet beheer, het aanvanklik eers gesê die satelliettoerusting het ophou werk maar dit is nou bevestig die satelliet het in stukke opgebreek.

Die satelliet, wat in 2016 gelanseer is, het reeds kort na die lansering probleme ondervind, en verdere kwessies het in 2017 opgeduik. Ten spyte van hierdie vroeë probleme, was die satelliet veronderstel om nog vir jare aan te hou funksioneer.

Die uitmekaarval van die satelliet het groot ontwrigting veroorsaak, aangesien dit ’n belangrike rol gespeel het in die verskaffing van internetdienste aan sowat 150 lande.

Bronne: Daily Mail, ABD Post, The Independent

Lees ook: Regter besluit binnekort oor Boeing-pleitooreenkoms

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief