Boer op borg vry na vervalde voedselitems gekonfiskeer is

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Pieter Johannes Grobler is Donderdag deur die Secunda-landdroshof op R8 000 borg vrygelaat. Dit is nadat hy gearresteer is en ‘n nag in die selle moes deurbring omdat hy glo vervalde kositems bekom en vir gebruik herverpak en versprei het.

Lt.kol. Magonseni Nkosi sê die Valke het Woensdag die arrestasie gemaak, nadat inligting van die beweerde aktiwiteite op die plaas ontvang en dit deur die polisie en gesondheidsinspekteurs besoek is. Kos waarvan die vervaldatums reeds verstryk het, is in twee stoorkamers, vier koelkamers, vrieskaste, kratte en voertuie gevind.

Die saak is tot 27 Maart uitgestel, terwyl verdere ondersoek gedoen word. As borgvoorwaardes moet Grobler elke Maandag tussen 08:00 en 18:00 by Charl Cilliers-polisiestasie aanmeld en ook sy reisdokumente aan die ondersoekbeampte oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief