Boer vermoor, vrou ontvoer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Boer (52) is Sondagoggend tydens ‘n plaasaanval in Rouxville, in die Goedemoed-distrik, doodgeskiet, waarna sy vrou ontvoer is. ‘n Verdagte is tydens ‘n reddingspoging van die vrou geskiet en het later gesterf.

Kapt. Loraine Earle sê die polisie is omstreeks 07:00 deur die gemeenskap van ‘n moontlike plaasmoord plaas ingelig. Met die polisie se aankoms is die boer se liggaam met ‘n skietwond in die kop aangetref. Daar is later vasgestel sy vrou is tydens die aanval ontvoer.

Met die spoedige samewerking van E2-rolspelers en die polisie is ‘n voertuig wat glo tydens die aanval gesteel is in die Tierpoort-gebied opgespoor. Die Bloemfontein-blitspatrollie het die voertuig met vier verdagtes en die vou binne-in opgespoor. Sy is gered en het mediese behandeling ontvang. Tydens die reddingspoging is vier verdagtes gearresteer, twee vroue en ‘n man is vir ondervraging ingeneem. Nog ‘n verdagte is gewond en het by die hospitaal gesterf.

Earle sê vuurwapens wat in die voertuig gevind is, is gekonfiskeer. Misdaaddeskundiges het die misdaadtonele vir leidrade gefynkam. Die ondersoek duur steeds voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief