NOORDWES. – Rico Heystek (8) het die dag ná Kersdag, soos Racheltjie de Beer van ouds, ingespring en sy kleinboet gered. Daniël (6) is op 26 Desember 2025 op ‘n kleinhoewe buite Potchefstroom deur ‘n hond aangeval. Hy is in so ‘n mate beseer dat hy noodoperasies moes ondergaan en het ‘n lang herstelpad voor hom.
Die Heystek-gesin was die betrokke dag by vriende op ‘n kleinhoewe. Potch Gazette berig die seuns was by bure op ‘n wipmat toe dié se hond vir Rico aanval. Ouboet Rico het hand en tand baklei om sy kleinboet van die hond te red.
Die plaaslike Mediclinic-dokters het noodoperasies gedoen om sy skedel te beskerm en verdere komplikasies te voorkom. Sy kopvel is onder meer gedeeltelik van sy kopvel afgeruk. Rico sy eie hare laat afskeer om sy kleinboet nog verder te ondersteun.
Daniël se herstel sal tyd neem en behels meervoudige mediese behandelings, insluitend toekomstige rekonstruktiewe operasies, spesialisopvolgbesoeke en langtermynmonitering van sy beserings. Hy sal in die toekoms nog hospitaalbesoeke moet aflê en medikasie, rehabilitasie en emosionele ondersteuning nodig hê. ‘n Skarebefondingsprofiel en ‘n webwerf is intussen op die been gebring om die jonge Daniël op sy mediese herstelpad te ondersteun.
Daar word geglo indien Rico nie opgetree het nie, Daniël dalk heel moontlik nie die aanval sou oorleef het nie.
Druk hier om die BackaBuddy profiel te besoek. Druk hier om die webwerf te besoek.





