WES-KAAP. – Gerrit Heroldt slaap na 33 jaar as leerling van die Hoër Jongenskool Paarl (Boys’ High) op dieselfde bed as sy pa voor hom in die Werda-koshuis.
Gerrit het pas sy loopbaan by die skool begin, maar stap in groot familiespore.
Die skool sê in ‘n sosialemediaplasing nie net is dié gesogte skool nou pa en seun se alma mater nie, maar: “Gerrit gaan ook presies ‘n 100 jaar na sy oupagrootjie in matriek in die HJS wees.”