Bondi Beach: hoofverdagte van terreuraanval uit koma – deur ma verdedig as goeie seun

Lees ook :

Foto: Australian Jewish Association - AJA

AUSTRALIë. – Naveed Akram (24), wat daarvan beskuldig word dat hy die terreuraanval by Bondi Beach saam met Sajid, sy pa, uitgevoer het, het volgens die polisie uit ’n koma ontwaak en is nou by sy bewussyn in ’n hospitaal in Sydney. Verena Akram, sy ma, het Naveed ná die terreuraanval aan Sydney Morning Herald as “‘n goeie kind” beskryf, iemand wat nie rook, drink of sosiale plekke besoek nie.

Akram is ná die aanval in ’n kritieke toestand in ‘n hospitaal opgeneem, terwyl sy 50‑jarige pa op die toneel deur die polisie doodgeskiet is. Die skietery word as ’n terreurverwante voorval beskou en die polisie sê dat hulle verwag om aanklagte teen Akram te lê namate sy toestand stabiliseer.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van die Australian Jewish Association (AJA) het Verena Akram gesê sy glo nie haar seun was betrokke nie. Haar man en seun het glo die familie laat weet hulle gaan die naweek op ’n visvanguitstappie. “Hy gaan werk toe, kom huis toe, oefen, en dit’s dit.” Ure voor die voorval het hy vir haar gesê: “Ma, ek het net gaan swem en duik. Ons gaan nou eet, en môre bly ons by die huis, want dit is baie warm.

Bronne: AJA, The Guardian, PEDESTRIAN.TV, The Times of Israel, CBS News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief