SPANJE. – Spanje se eerste minister, Pedro Sánchez, het gister aangekondig nog 500 soldate is gestuur om veldbrande in die land te beveg. Sowat 12 groot brande woed tans in Galisië naby Ourense.
Lees ook: Brande woed voort in Europa – Europese Unie stuur hulp na Spanje
Volgens die Europese Unie se Europese bosbrandinligtingstelsel is tot dusver 158 000 hektaar in Spanje vanjaar verbrand.
Die hittegolf, wat tot die brande in verskeie Europese lande bydra, is reeds in sy derde week, met temperature bo 40°C wat vir die komende dae voorspel word.
Brande is ook in Griekeland, Bulgarye, Montenegro, Albanië en Turkye aangemeld.
Bronne: The Independent, Newsweek, ABC News
Lees ook: Brande woed voort in Europa – Europese Unie stuur hulp na Spanje





