EUROPA. – Die Europese Unie het twee brandbestrydingsvliegtuie na Spanje gestuur om te help om 14 wegholbrande in die land in bedwang te bring. Na verwagting sal die hittegolf in Spanje tot Maandag voortduur, met temperature van tot 44°C, asook sterk winde. Sewe mense is reeds in Spanje oorlede as gevolg van die brande.
Lees ook: Brande in Europa met hittegolf wat temperature oor 40°C druk
Spanje is die vyfde Europese land wat hulp moes versoek om wegholbrande die hoof te bied.
Griekeland, Bulgarye, Montenegro en Albanië het almal ook noodhulp van die Europese Unie versoek vir wegholbrande wat in dié lande voortduur.
Bronne: BBC, The Independent, The Star





