Broodslaai

Lees ook :

Broodslaai
Broodslaai

Jy kan hierdie broodslaai as ’n bykos bedien of dit net so eet.

Bestanddele:

  • 1 brood, in blokkies gesny
  • 2 koppies kaas, in blokkies gesny
  • 2 teelepels mosterdpoeier
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel peper
  • 2 eiers
  • ½ koppie gesmelte botter
  • 1 koppie kondensmelk
  • 25 ml asyn
  • 125 mℓ agurkies, in skyfies gesny
  • 3 hardgekookte eiers

Metode:

  • Braai broodblokkies in olie tot bruin in.
  • Dreineer op papierhandoek en laat koud word.
  • Klits mosterd, sout, peper en asyn saam.
  • Voeg geklitste eiers by.
  • Voeg kondensmelk en botter by.
  • Kook vir 5 min.
  • Roer aanhoudend terwyl dit kook.
  • Laat dit afkoel.
  • Meng met brood, kaasblokkies, agurkies en eiers.
  • Geniet.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief