Buitelander met ‘gesteelde’ BMW by Beitbrug vasgetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Buitelander (40) met ‘n SA-paspoort is Oujaarsaand omstreeks 20:00 by die Beitbrug-grenspos betrap met ‘n BMW wat meer as R2 m. werd en vermoedelik gesteel is.

Lt.kol. Stephen Thakeng sê die bestuurder wou die grenspos na Zimbabwe oorsteek. Tydens die voorlopige ondersoek is bevind die motor word deur ‘n bank in SA gesoek. Die bestuurder het beweer die eienaar sal op 1 Januarie na SA vlieg. Hy het ook bedrieglike dokumente aan die polisie oorhandig. Hy is gearresteer, waarna op die voertuig beslag gelê is.

Die bestuurder sal Vrydag op aanklagte van bedrog en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig in die Musina-landdroshof verskyn.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief