Buitelanders in hof na 9-jarige ontvoer is

Lees ook :

Foto: Bestcare Emergency Medical Services

GAUTENG. – Gulfam Azam (29), Yasir Mahmood (29), Bilawal Arif (30) en Faisal Khuoot (30), inwoners van Laudium, het Dinsdag op aanklag van die ontvoering van ‘n 9-jarige seun, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie en afpersing in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die 9-jarige het op 19 Januarie buite saam met sy neef by sy huis in Laudium gespeel. ‘n Voertuig het daar naby stilgehou en vyf persone het na bewering uitgeklim, die seun gegryp en met hom weggery. Die neef het dadelik huis toe gehardloop en sy familie daarvan vertel, waarna dit by die polisie aangemeld is. Terwyl die seun se familie steeds by die polisiestasie was, het sy ma ‘n oproep gekry van ‘n losprys van R15 m. wat geëis word. Die losprys is later na R6 m. verminder.

Die voertuig wat glo tydens die ontvoering gebruik is, is op 24 Januarie buite ‘n winkel in Laudium gevind, waarna Hussain en Azam gearresteer is. Die polisie is daarna na die Danville-huis gelei, waar die seun, Mahmood en Arif aangetref is. Beide verdagtes is gearresteer. Khuoot is later die dag by ‘n huis in Laudium vasgetrek.

Die saak is tot vandag uitgestel om ‘n tolk te verkry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief