Ontvoerde 9-jarige seun na vier dae gered

Lees ook :

Foto: Bestcare Emergency Medical Services

GAUTENG. – ‘n Seun (9) wat Dinsdag met geweld van sy pa se vriend se huis in Laudium gevat is, is deur die polisie en verskeie privaat maatskappye in Danville gered. Vyf verdagtes, Pakistani- en Afghanistan-burgers, is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Mavela Masondo sê na die ontvoering is die seun se ouers, ook burgers van Afghanistan, vir ‘n losprys gekontak. ‘n Saamgestelde span het Vrydag ‘n deurbraak gemaak toe ‘n voertuig wat in die ontvoering gebruik is, opgespoor is en twee verdagtes aangekeer is. Die verdagtes het owerhede na ‘n huis in Danville, Pretoria, gelei, waar die seun aangehou was. Nog twee verdagtes is gearresteer en ‘n ongelisensieerde vuurwapen is in hulle besit gevind. Die seun het ‘n mediese ondersoek ondergaan, waarna hy met sy familie herenig is.

Verdere ondersoek het tot die arrestasie van ‘n verdagte, wat aan die familie van die seun bekend is, gelei. Van die verdagtes is onwettig in die land. Die verdagtes is vir ontvoering en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekla en sal Maandag in Atteridgeville-landdroshof, verskyn.

Xander Loubser van Best Care Emergency Medical Service sê die diens was aktief by die redding van die seun betrokke. Op die betrokke dag van die ontvoering het die seun na bewering buite saam met ander kinders gespeel toe ‘n goud/bruinkleurige Nissan Tiida volgens getuies omstreeks 19:00 gestop en die kind met geweld ontvoer het. Met die redding van die kind het dié diens ondersteuning gebied en die kind veilig vir mediese evaluasie na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Proshield Security en Netcare Unitas-hospitaal is vir hulle ondersteuning tydens die reddingsoperasie bedank.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief