Burgemeester op aanklagte gevonnis

Lees ook :

Foto: Facebook

VRYSTAAT. – Thanduxolo Khalipa, die uitvoerende burgemeester van Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit, is op drie aanklagte in die Odendaalsrus-landdroshof gevonnis. Sy bestuurder en lyfwag het aanklagte teen hom gemaak.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê die aanklagte spruit voort uit ‘n gemeenskapsvergadering waar Khalipa sy bestuurder en lyfwag aangerand en beledig het en ‘n aanklag van aanranding en twee aanklagte van crimen injuria gemaak is.

Khalipa is op die aanklag van aanranding ‘n boete van R5 000 of drie maande gevangenisstraf opgelê en op elk van die crimen injuria-aanklagte R1 000 of een maand gevangenisstraf. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Op die betrokke dag het die gemeenskapsvergadering gespanne en rumoerig geraak, waarna Khalipa se personeel vir hom ingetree en probeer het om hom na veiligheid te neem. Hy het daarna glo sy personeel aangerand en neerhalende opmerkings gemaak.

Die NVG herinner met die vonnisoplegging dat geen persoon, ongeag sy posisie, bo die wet verhewe is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief