Bus met 81 passasiers rol

Lees ook :

Foto: Great North Transport - SOC

LIMPOPO. – ‘n Bus met 81 passasiers van Great North Transport het Dinsdag naby die Moratiwa Crossing Shopping Complex in die Hlogotlougebied gerol. Altesaam 79 passasiers is by Ongevalle behandel en twee is vir verdere mediese hulp in ‘n hospitaal opgeneem.

Dieketseng Mashego, die LUR vir gesondheid in Limpopo, het op die departement van gesondheid se Facebook-blad gesê die buspassasiers is in die St. Ritas-hospitaal besoek. Die bestuurder het glo beheer verloor, waarna die bus gerol het.

““Ek is hier as die LUR vir Gesondheid in Limpopo om u spoedige herstel toe te wens en ook die bestuur en gesondheidswerkers te bedank vir hul vinnige optrede om ons mense te help en te verseker dat hulle behoorlike sorg kry,” het Mashego gesê.

Foto: Limpopo Departement van Gesondheid (Bophelong)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief