Buurtwag waarsku oor man wat glo voetgangers op Strand-kuspad teister

Lees ook :

Foto: Strand Patrol Buurtwag / NHW Helderberg

WES-KAAP. – Die Strand Patrol Buurtwag / NHW Helderberg het ’n dringende waarskuwing uitgereik oor ’n man wat glo mense op Kusweg in die Strand teister en in gevaar stel.

KC Gericke van die buurtwag sê die man, beskryf met donker hare, wat dikwels met ’n kombers rondloop, word daarvan beskuldig dat hy voetgangers stamp, drawwers laat struikel en selfs babastootwaentjies gryp. ’n Voorval waarin ’n vrou glo gestamp is, is onlangs aangemeld.

Die publiek word versoek om enige voorvalle by die polisie aan te meld en sake oop te maak. Die buurtwag beklemtoon dat die oopmaak van sake noodsaaklik is om teen die man te kan optree en die veiligheid van die publiek op die kuspad te verbeter. Inwoners word aangemoedig om saaknommers met die buurtwag te deel. Volgens die buurtwag kan min gedoen word sonder die amptelike saaknommers. Moontlike aanklagte wat oorweeg kan word, sluit in aanranding, poging tot aanranding, crimen injuria ens. In ernstiger gevalle, waar iemand beseer word, kan dit ook aanranding met die doel om ernstige liggaamlike besering te veroorsaak, wees.

Indien ‘n saak oopgemaak is, kan die inligting na 082 805 8056 gestuur word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief