Brekende Nuus
Afrikaans

Cameron Saaiman verloor tweede keer in ‘n ry. Is daar nog hoop?

Dis nie net atlete wat met gevegte gekonfronteer word nie, maar jy ook.

Foto: Canva
Foto: Canva

Maartmaand was ‘n rowwe een vir Suid-Afrikaanse gevegsport. Eers verloor Kevin Lerena ‘n nou betwiste boksgeveg teen Justis Huni in Saoedi-Arabië, en laas naweek verloor Cameron Saaiman sy tweede UFC-geveg in ‘n ry in Las Vegas.  

LEES MEER: Hoe voel jy oor vulliskrappers?

Om twee in ‘n ry te verloor, is genoeg om enige atleet te laat dink aan opgee. Maar dis nie net atlete wat met gevegte gekonfronteer word nie, maar elke liewe mens op aarde ook. Joune is dalk nie in ‘n bokskryt of die octagon nie, maar dalk by die werk. Of dalk veg jy vir jou huwelik, of dalk vir jou eie lewe as gevolg van ‘n siekte.

My vraag aan jou is: “Gaan jy grond toe geslaan word en bly lê, of gaan jy opstaan en aanhou veg?”

Kelvin Katar het ‘n baie inspirerende ding gesê na een van sy grootste pakke slae wat hy nog in die UFC gekry het: “As ek val, dan maak ek seker ek val vorentoe!”

So ja, hy het verloor, hy het geval. Maar hy het gesorg dat hy leer uit die ervaring en het sterker terugkom as ooit tevore en sy volgende ene gewen. Hy het vorentoe geval, nie agtertoe nie!

As die lewe jou platslaan, gaan jy bly lê? Of gaan jy vorentoe val, opstaan en aanhou veg?

Cameron Saaiman het nog baie om te leer, baie om te bied, en ek glo hy gaan opstaan en aanhou veg. En wie weet, dalk is daar ‘n goue belt in sy toekoms wat sy storie net soveel meer inspirerend gaan maak!