Cat Matlala en medebeskuldigdes in hooggeregshof

Lees ook :

Foto: Op lêer

GAUTENG. – Vusimuzi “Cat” Matlala, Musa Kekana, Tiego Floyd Mabusela, Zandile Nthabiseng Nzama en sy vrou, Tsakane Matlala, se voorverhoorkonferensie op 25 aanklagte het in die Johannesburg-hooggeregshof begin. Buiten aanklagte wat moord insluit, is die omstrede sakeman se naam is ook deur lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi voor die Madlanga-kommissie van ondersoek genoem tydens ontbloting van ‘n beweerde nasionale sindikaat wat volgens hom politici, regslui, wetstoepassers en sakemanne insluit.

Volgens NVG-streekwoordvoerder Phindi Mjonondwane het die staat ’n mediaverklaring van die departement van korrektiewe dienste voorgehou waarin bevestig word dat Matlala op 30 Desember 2025 om veiligheidsredes na die eMbongweni- korrektiewe fasiliteit oorgeplaas is. Die verdediging beoog egter ’n dringende aansoek om, met verwysing na probleme, met hom te konsulteer.

Matlala en sy medebeskuldigdes staan tereg op 25 aanklagte, waaronder 11 aanklagte van poging tot moord, wat spruit uit drie afsonderlike skietvoorvalle tussen Augustus 2022 en Januarie 2024. Die staat beweer ook dat geldwassery en die indiening van ’n bedrieglike faktuur deel van die saak vorm.

Die saak is tot 6 Februarie uitgestel. Beskuldigdes een, twee en drie bly in aanhouding, terwyl die borgtog van beskuldigdes vier en vyf verleng is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief