Delmas is Kwêla Dorp Van Die Jaar 2023

Lees ook :

Delmas in Mpumalanga is gisteraand op die program Kwêla op kykNET as die dorp van 2023 aangewys.

Vir die eerste keer was prysgeld ter waarde van R1 miljoen van Lottoland op die spel. Die geld gaan vir projekte gebruik word om die dorp te verbeter, wat geoudit sal word. Kwêla sal besoek aflê sodat kykers kan sien wat met die prysgeld uitgerig is. Boonop het kykNET ook R1 miljoen aan bemarkingswaarde vir die dorp geskenk.

Die dorpe wat hierdie jaar saam met Delmas deelgeneem het was, Parys (Vrystaat), Bonnievale, Margate, Walvisbaai (Namibië), Hartbeespoortdam, Willowmore, Rooiberg en Nieuwoudtville.

Delmas behou nou die titel saam met vorige dorpe wat reeds met die titel weggestap het, genaamd, Kroonstad, Greyton, Kareedouw, Swakopmund, Jeffreysbaai, Mosselbaai, Manriental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg.

“Ons wil graag hê dat ander dorpe by ons kom leer en dat Delmas ’n inspirasie en voorbeeld kan wees vir wat bereik kan word as mense saamstaan. Daar is hoop in Suid-Afrika en dit begin by ons op grondvlak,” het dr. Martin van Rensburg, plaaslike predikant en Delmas Herleef-projekleier tydens die uitsending van gisteraand se program gesê.

Madel Fourie ‘n vyfde geslag-inwoner van die dorp en ook die sameroeper van die Delmas Herleef-gemeenskapsorganisasie, het saam met dr. Martin van Rensburg die blye oomblik van die aankondiging op die program beleef.

Bron: Kwêla Dorp Van Die Jaar Facebook-blad en webtuiste

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief