Demi-Leigh Tebow (neé Nel-Peters), Mej. SA 2017 en Mej. Heelal 2017, en haar ewe beroemde man, Tim Tebow, het op sosiale media aangekondig hulle verwag hulle eersteling.
Sonarfoto’s van die baba, wat in die somer verwag word, is gedeel.
Demi-Leigh het in haar Mej. Heelal-jaar met Tim, ‘n voormalige professionele Amerikaanse voetbal- en bofbalspeler, begin uitgaan. Hy het ook die Tim Tebow Foundation. Die paartjie het in 2019 verloof geraak en op 20 Januarie 2020 in Franschhoek in die Wes-Kaap getrou.





