Die departement van binnelandse sake het die publiek gewaarsku oor ’n vals kennisgewing wat tans versprei word waarin beweer word geld kan ontvang word vir die “catch and bring” van ongedokumenteerde buitelandse burgers.
Die departement sê die boodskap is nie eg nie en is nie van binnelandse sake of die minister van binnelandse sake afkomstig nie. Daar word ook beklemtoon dat die departement geen belonings of finansiële aansporings aan lede van die publiek bied vir die “catch and bring” van ongedokumenteerde migrante nie. Binnelandse sake doen ’n beroep op mense om inligting eers te verifieer voordat dit gedeel word, en om slegs amptelike kanale te raadpleeg vir betroubare opdaterings en aankondigings.





