Deveney Nel moordsaak vir hooggeregshof datum uitgestel

Lees ook :

Foto: Facebook

WES-KAAP. – Die saak teen ‘n tienerseun wat daarvan beskuldig word dat hy Deveney Nel (16), ‘n voormalige gr. 10 leerling aan Hoërskool Overberg in Caledon, vermoor het, is tot 25 Junie vir ‘n hooggeregshof-datum uitgestel.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG in die provinsie, sê die beskuldigde het Maandag in die Caledon-landdroshof verskyn.

Nel het op 7 Augustus 2024 nie ná haar skool se sportwedstryde vir haar geleentheid huis toe opgedaag nie. Sy is as vemis aangemeld en haar liggaam is in die skool se stoorkamer aangetref. Die skool is die volgende dag as ‘n aktiewe misdaadtoneel gesluit en ‘n tiener is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Die beskuldigde het psigiatriese evaluering ondergaan.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. Kan julle asb dit op intetnet ook uitsaai
    Asb. Baie mense geintresseer in die saak ook

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief