Direkteur en werknemers in hof oor ‘oortreding van ‘medisynewet’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Rianne Janse van Rensburg (32), die direkteur van die Muscle Mecca-winkel in Secunda, is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy Donderdag 17 Julie 2025 saam met sy twee werknemers in die Evander-distrikshof verskyn het. Hulle verskyning volg nadat hulle glo betrap is dat hulle wetbeheerde medisyne sonder ’n geldige lisensie verkoop het.

Lt.kol. Magonseni Nkosi, Valke-woordvoerder, sê in ‘n verklaring Paul Stephen Corbitt en Marco Rodolph Meintjies, die twee werknemers, is op 11 September 2024 deur die Valke in hegtenis geneem nadat ’n hofbevel vir deursoeking toegestaan is. Farmaseutiese produkte wat voorskrifte vereis, is oor die toonbank, strydig met die wet op medisyne en verrwante stowwe, verkoop.

Tydens die deursoeking was Janse van Rensburg nie in die winkel nie. Slegs die twee werknemers is aangetref en kon nie ’n permit vir die verkope toon nie. Hulle is in hegtenis geneem en het in die Evander-distrikshof voorgekom, waar hulle elk op R5 000 borgtog vrygelaat is. Die saak is toe uitgestel totdat hulle Donderdag weer in die hof verskyn het.

Met die hofverskyning het die werkgewer en twee werknemers saam voorgekom. Die werkgewer is ook op R5 000 borgtog vrygelaat.

Al drie die beskuldigdes moet weer op 23 Julie in dieselfde hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief