Die drankgroep Distell het sowat 100 miljoen liter drank verloor tydens die eerste drankverbod. Dit beteken ’n verlies van R4,3 miljard. Die maatskappy het ook onder vertragings op uitvoere en kansellasies van klante gely.
Die groep moes sy verskaffing vir verouderde voorraad verhoog omdat sekere produkte se raklewe beperk is.
Distell se wins het die jaar met 55% gedaal.
Volg Find-It hier.





