GAZA. – Die dodetal in Gaza styg steeds na Israel se lugaanvalle vanoggend (Dinsdag). Hospitaalowerhede het gesê die dodetal staan nou op minstens 413, insluitend vrouens en kinders, en dit kan nog styg.
Israel het die Trump-administrasie gekontak voor die aanvalle. Donald Trump het Israel toestemming gegee om voort te gaan met die aanval en het ondersteuning daarvoor uitgespreek.
Lees ook: Dodetal in Gaza styg, Israel van plan om aan te hou met aanvalle
Benjamin Netanyahu het die weermag beveel om Gaza aan te val na Hamas geweier het om die oorblywende gyselaars te laat gaan. Israel wou die eerste fase van die skietstilstand verleng, maar Hamas wou aanbeweeg na die tweede fase waarin ’n einde aan die oorlog bespreek sou word en die Israeliese weermag uit Gaza sou onttrek.
Netanyahu se kantoor het gesê “Israel sal, van nou af, teen Hamas optree met meer militêre sterkheid”.
Hamas het gesê Israel het die oorblywende gyselaars ’n “doodsvonnis” gegee met die aanvalle.
Die families van die gyselaars het woede teen Israel uitgespreek vir die aanvalle en die Hostages and Missing Families Forum het gesê die Israeliese weermag “het gekies” om die gyselaars op te gee toe dit Gaza aangeval het. Die Forum het mense aangemoedig om na Jerusalem te gaan om te betoog teen verdere aanvalle.
Bronne: TIME, The New Indian Express, BBC, The Sun, Sky News
Lees ook: Dodetal in Gaza styg, Israel van plan om aan te hou met aanvalle





