Dodetal in KZN-ongeluk afwaarts na 10 aangepas

Lees ook :

Foto: Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings

KWAZULU-NATAL. – Altesaam 10 persone het gisteraand in die bus-en-vragmotorongeluk op die R34 gesterf en nie 12 soos voorheen berig is nie. Die getal is afwaarts aangepas nadat die ongelukstoneel, Dundee-lykshuis en hospitale besoek is.

Ndabezinhle Sibiya, woordvoerder vir Siboniso Duma, die LUR vir vervoer en menslike nedersettings in KZN, het die aantal oorledenes in ‘n verklaring bevestig. Die oorledenes sluit drie vroue en sewe mans in. Verder is twee persone kritiek beseer, drie is beseer, maar nie ernstig nie en 33 mense kon self op die ongelukstoneel loop.

Beide die vragmotor- en busbestuurder word in hospitale behandel. Waarnemings van oorlewendes van die ongeluk wissel. Sommige oorlewendes beweer dat die busbestuurder probeer verbysteek het, terwyl ander van mening is hy het agter die stuurwiel aan die slaap geraak. “Ons wil nie in hierdie stadium spekuleer nie. Ons is vol vertroue dat die ondersoek deur die SAPD en die padverkeersbestuurskorporasie die waarheid aan die lig sal bring.”

Duma het ook kommer uitgespreek oor die hoë aantal vragmotors op sekere paaie. Hy het aangedui dat die provinsiale regering saam met nasionale owerhede werk aan planne om vragvervoer van pad na spoor te verskuif: “Vragmotors behoort nie op hierdie roete te wees nie. Hulle moet die N2 gebruik. Volgens Transnet het meer as 303,000 vragmotors die Richardsbaai-hawe in die 2024-boekjaar gebruik, gemiddeld byna 6,000 per week.”

“Ons het die toneel besoek en die verwoesting gesien. Onskuldige lewens is verloor en baie gesinne se lewens is onherroeplik verander,” sê Duma.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief